HOE DIT WERK

‘N OORSIG OOR DIE PROGRAM

  • Maak seker dat jy ‘n pen, ‘n werkboek en ‘n sakrekenaar het wanneer jy die lesse doen.
  • Ons beveel aan dat jy oorfone gebruik om konsentrasie te verbeter.
  • Die LEERDER moet met eie epos adres en wagwoord inteken.

(Let op: OUER het nie toegang tot die lesse nie.)
twee leerders
1. Begin deur 'n les van die menu in BESKIKBARE LESSE te kies.
2. Kyk na die video. Gee dit tyd om te laai en kliek SPEEL links onder in die hoek om die les te begin. Onthou, jy kan enige tyd die les stop en teruggaan indien nodig.
3. As die video klaar is, bestudeer die NOTAS. Maak dan jou eie opsomming van die les in jou werkboek.
4. Toets of jy regtig die werk verstaan deur die toets te skryf. Werk die antwoorde uit met pen en papier en kies die korrekte antwoord van die beskikbare opsies. Skryf die korrekte opsie langs jou antwoord in jou boek. Voltooi die vraag voor jy die opsies intik. In die geval van internet onderbreking kan jy vinnig die toets oordoen deur slegs die opsies vanaf jou boek in te tik. Aan die einde van die toets, kliek op MERK DIE TOETS.
5. Die toets word onmiddellik gemerk! Jy kan op die VRAE kliek om te sien watter antwoorde verkeerd was. Rooi dui op verkeerde antwoorde.
6. Afhangende van jou punt, kan jy nou besluit om die les en/of toets oor te doen, of jy kan die uitgewerkte ANTWOORDE bestudeer.
7. Al jou toetspunte word in die VORDERINGSVERSLAG aangeteken. Let wel: Voogde / Ouers het ook toegang tot hierdie verslag deur hulle profiel.
8. Jy het toegang tot die FISIESE WETENSKAP woordeboek te alle tye.
9. Onthou om altyd UIT TE TEKEN as jy klaar op die webtuiste gewerk het.
Ons weet dat as jy genoeg tyd op YouCanDoScience spandeer en met ‘n positiewe gesindheid hard werk, dan sal jy sukses met Wetenskap behaal!
Ons weet dat as jy genoeg tyd op YouCanDoScience spandeer en met ‘n positiewe gesindheid hard werk, dan sal jy sukses met Wetenskap behaal!

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse.
BEGIN NOU LEER!