LEERDERS

LEERDERS

Is jy ernstig oor jou Fisiese Wetenskap opleiding?
YouCanDoScience is die perfekte keuse om jou Fisiese Wetenskap te verbeter!

Die YouCanDoScience program is ekstra klasse wat jy enige tyd wat jou pas, reg deur die jaar kan doen. Die hersieningslesse is ‘n goeie manier om voor te berei vir toetse en eksamens.

Terwyl die video lesse begrippe en toepassings sorgvuldig verduidelik, is die toets daarna nog ‘n leergeleentheid. Nie alleen sal jy agterkom of jy wel die werk heeltemal verstaan nie, die volledig uitgewerkte memorandum sal weer begrippe verduidelik wat jy dalk gemis het.

Alternatiewelik, kan jy jou eie Fisiese Wetenskap vakansieskool hou in die gerief en veiligheid van jou eie huis. Dit gaan nie net vir jou iets gee wat die moeite werd is om te doen nie, maar dit sal jou ook help om op te vang en hersiening te doen op jou eie tyd.

Jy kan selfs ‘n paar van jou vriende, wat ook hul werk ernstig opneem, oornooi om saam met jou wetenskap te doen. Julle kan dan saam na die lesse luister en kyk wie die beste vaar in die toets. Na die tyd kan jul die uitgewerkte antwoorde bespreek.

Begin deur vir jou ‘n rooster op te stel. Ons stel voor dat jy minstens twee tot drie ure per dag, verkieslik in die oggend wanneer jy nog vars is, werk.
leerders met tegnologie
student met tegnologie

VOLG DAN DIE VOLGENDE STAPPE:

1. Identifiseer die Afdelings en Onderwerpe wat jy tot nou toe op skool gedoen het.
2. Maak seker jy het ‘n werkboek, pen en sakrekenaar.
3. Werk deur elkeen van die Fisiese Wetenskap HERSIENINGSLESSE in die afdeling van bo tot onder.

  • Speel die videoles. Stop en herhaal indien nodig. Maak notas soos jy aangaan.
  • Werk deur die notas en maak jou eie opsomming van die les in jou werkboek.
  • Doen die toets. Moet nie die antwoorde raai nie. Gebruik jou werkboek, pen en sakrekenaar. As jy klaar is, kliek op “Merk die toets”. Werk sorgvuldig deur die uitgewerkte antwoorde.
  • Indien nodig, doen die les oor…. of doen die toets oor, SONDER om na die antwoorde te kyk.
  • Let wel: Jy mag dalk net ‘n deel van die Afdeling by die skool gedoen het. Doen slegs die lesse van die werk wat jy reeds by die skool gedoen het.

Nadat jy die nodige lesse gedoen het, sal jy heeltemal op datum wees met jou wetenskap en reg wees vir die nuwe kwartaal!

As jy nie reeds ‘n kliënt is nie, maak seker dat jy vandag registreer!!
REGISTREET VANDAG!
Sterkte en onthou: Jy KAN Fisiese Wetenskap doen!!
Sterkte en onthou: Jy KAN Fisiese Wetenskap doen!!

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse
BEGIN NOU LEER!