ONDERWYSERS

BESTE SKOOLHOOFDE, FISIESE WETENSKAP ONDERWYSERS EN TUTORS:

Ons weet almal hoe belangrik Fisiese Wetenskap as vak is en die uitdagings wat hierdie vak aan baie leerders bied. Sommige Fisiese Wetenskap onderwysers ondervind ook probleme om die vak aan te bied en nie alle leerders leer teen dieselfde tempo nie. Om hierdie uitdagings die hoof te bied wil YouCanDoScience vir jou skool die geleentheid bied om saam met ons te werk.

Ons het ‘n spesiale skoolsisteem (genoem die skoolkoopbewys) waardeur ‘n onderwyser al hul leerders kan registreer. Die onderwyser/tutor het toegang tot vorderingsverslae van al die leerders en kan dus tred hou met die vordering van elke leerder, veral die toetse wat geskryf is.

Indien skole of sentrums die program as voorbereiding vir die tutor en as hulp in die klaskamer vir wil gebruik, sonder om leerders by die program te betrek, kan hulle ons kontak vir inligting rakende prosedures en koste.
onderwyser graphic
leerders
HOEKOM MOET JY YOUCANDOSCIENCE GEBRUIK?
  • Dek graad 10, 11 en 12 Fisiese Wetenskap kurrikulum (Natskei)
  • Ten volle in lyn met KABV en IEB
  • Lesse is goed gestruktureerd en duidelik uiteengesit
  • Leerder het ook toegang tot vorige grade om gapings te vul
  • Beskikbaar in Engels en Afrikaans
  • Ontwikkel deur ervare Fisiese Wetenskap onderwysers
  • Sluit Fisiese Wetenskap hersieningslesse in wat ideal is vir toets en eksamen voorbereiding
  • Tegnologie is ‘n belangrike deel van die opvoedingsproses
  • Ideaal vir Herfs-, Winter- en Lenteskole
  • Kan gebruik word tydens Wetenskap kampe
HOE SAL DIT DIE ONDERWYSER/TUTOR HELP?
  • Video lesse kan vir onderrrig in die klaskamer gebruik word
  • Sluit toetse in wat deur die rekenaar gemerk word
  • Programinhoud is duidelik en gebruikersvriendelik
  • Swakker leerder kan opvang met minder onderwyser betrokkenheid
  • Verminder voorbereidingstyd
  • Groot hulp vir onderwysers met min ervaring
  • Gebruik van tegnologie verbeter aandag en dissipline in die klas
  • Kontinuïteit vir leerders as onderwyser afwesig is
HOE SAL DIT DIE LEERDER HELP?
  • Leerders hou van tegnologie
  • Lesse is 24/7 beskikbaar
  • Kan maklik opvang met lesse wat gemis is
  • Hersiening van lesse van vorige grade om gapings in kennis aan te vul
  • Kan lesse herhaal soveel keer as wat dit nodig is
  • “Sterk” leerders kan kennis vaslê en moeilike hersieningstoetse gebruik vir voorbereiding vir toetse/eksamens
  • Almal kan teen hul eie tempo werk
  • Ideaal vir leerders met besige buitemuurse programme
  • Notas is opsomming van les inhoud met voorbeelde
  • Die Fisiese Wetenskap woordeboek gee goeie verduidelikings en bevat illustrasies waar nodig
HOE SAL DIT DIE OUER HELP?
  • Beduidende vermindering in koste van Fisiese Wetenskap ekstra klasse
  • Nie nodig om op spesifieke tye kinders na en van ekstra klasse te ry nie
WAT HET JY NODIG OM DIE PROGRAM TE GEBRUIK?
  • Internet toegang
  • Rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon
* As jy YouCanDoScience in jou skool of sentrum wil gebruik of as voorbereidingshulp, epos ons by info@youcandoscience.co.za vir meer besonderhede en pryse.
* As jy YouCanDoScience in jou skool of sentrum wil gebruik of as voorbereidingshulp, epos ons by info@youcandoscience.co.za vir meer besonderhede en pryse.

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse.
BEGIN NOU LEER!