HOE DIT WERK

LESSE

Vir leerders wat Fisiese Wetenskap ekstra klasse benodig, maar dit nie kan bekostig, of nie plaaslik toegang daartoe het nie, bied YouCanDoSciencedie leerders die geleentheid om Fisiese Wetenskap teen hul eie tempo, in die gerief van hul eie huis te bemeester, wanneer dit hulle pas. Die manier waarop die lesse uiteengesit is, maak dit ideaal vir tuisonderrig

Vir leerders wat aanvullend Fisiese Wetenskap eksamens moet skryf, is die hersieningslesse, met omvattende opsommings na elke komponent, maar ook toegang tot die detail individuele lesse, as dit nodig is om basiese kennis weer op te knap, asook ‘n volledige wetenskap woordeboek net wat hul nodig het!

Die wyse waarop die lesse gestruktureer is, maak dit ‘n ideale hulpmiddel vir wetenskap kampe, Herfs-, Winter- en Lenteskole, waar leerlinge begrippe kan hersien of op datum kom met fisiese wetenskap lesse wat hul gemis het. Verder bied die lesse die geleentheid aan minder ervare onderwysers om bemagtig te word in die onderrig van moeilike begrippe of waar onervare onderwysers gelei word oor hoe om ‘n moeilike les aan te bied. 

Maatskappye kan as deel van hulle CSI verantwoordelikheid leerders of skole borg, teen ‘n baie bekostigbare tarief, in die omgewing waaruit hul werkers getrek word. Die terugvoer fasiliteit maak dit moontlik vir die CSI bestuurder om die vordering van leerders te monitor.

Meer as 480 lesse, Hersienings lesse, Eksamen tipe vrae en prakties.
leerders met tegnologie

GRAAD 9

GRAAD 10

GRAAD 11

GRAAD 12

HOEVEEL ELKE AFDELING TEL IN DIE EKSAMEN

LET OP: Die Graad 12 finale eksamen sluit die volgende werk in wat in Graad 11 gedoen is, en is daarom ook ingesluit onder graad 12 lesse:
LET OP: Die Graad 12 finale eksamen sluit die volgende werk in wat in Graad 11 gedoen is, en is daarom ook ingesluit onder graad 12 lesse:

MEGANIKA:

  • Vektore
  • Newton se Wette

ELEKTRISITEIT & MAGNETISME:

  • Elektrostatika
  • Elektromagnetisme as agtergrond kennis
  • Elektriese stroombane

MATERIE & MATERIALE:

  • Intermolekulêre kragte

CHEMIESE VERANDERING:

  • Stoigiometriese berekeninge
  • Energie & Chemiese verandering
  • Redoksreaksies as agtergrond kennis
Vreastel 1 Graad 10 Graad11 Graad 12
Meganika 50% 45%
 42%
Golwe, Klank & Lig 27% 21% 11%
Elektrisiteit & Magnetisme 23% 34% 37%
Materie & Materiale *10%
 Vraestel 2
Materie & Materiale 47% 40% 32%
Chemiese Verandering 47% 53%56% 
Chemiese Sisteme 6%7%  12%
* Optiese verskynsels en eienskappe van materiale (Fotoelektriese effek, emmisie- en absorbsie skeptra)

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse.
BEGIN NOU LEER!