HOE REGISTREER EK

FAQ OOR HOE DIE PROGRAM WERK

HOE REGISTREER EK?
Daar is twee manier om te registreer.

A. REGISTEER OP DIE WEBTUISTE EN BETAAL DEUR PAYFAST OF DOEN ‘N EFT:

Dit word aanbeveel vir ouers of voogde wat graag op hoogte wil bly met die leerder se vordering. Let op: Die ouer/voog en leerder moet elk hul eie unieke epos adres hê.

DIE PROSES:
  • Klik op REGISTREER op die tuisblad
  • Kies Nee op vraag Het jy ‘n koopbewys nommer?

STAP 1: OUER/VOOG BESONDERHEDE
  • Die Ouer/Voog se epos adres is hul gebruikersnaam en hul kies hul eie wagwoord
  • Ouer/Voog het nie toegang tot die lesse nie

STAP 2: LEERDER BESONDERHEDE
  • ‘n Ouer kan tot 3 kinders registreer
  • Let op: Elke leerder moet hul eie unieke epos adres hê wat verskil van die ouer s’n. As ‘n leerder nie ‘n epos adres het nie, kan hul by Gmail, Yahoo, ens gratis een opstel
  • Die leerder se unieke epos adres is hul gebruikersnaam en hul kies hul eie wagwoord

STAP 3: OPSOMMING
  • In die stap sal jy ‘n opsomming sien van jou registrasie besonderhede
  • Klik next.

STAP 4: BETALING

JY HET ‘N KEUSE VAN 2 BETAALMETODES.
  • Indien jy PAYFAST verkies, klik op Proceed to Payfast wat jou direk na die PAYFAST webtuiste neem. Betaling kan met behulp van ‘n kredietkaart of direkte oorplasing van jou bank gedoen word.
  • Indien jy ‘n EFT betaling verkies, gaan uit die webtuiste en epos ons by info@youcandoscience.co.za om ons direkte bankbesonderhede aan te vra. Ons sal jou subskripsie aktiveer sodra bewys van betaling ontvang is.

B. REGISTREER MET ‘N KOOPBEWYS:

Koopbewyse kan gekoop word vir eie gebruik deur ‘n volwasse leerder, of as ‘n manier om ‘n leerder te borg. Hierdie metode vereis slegs een epos adres. As die metode gebruik word, word slegs een epos adres benodig. Betaling word direk aan ons gedoen via EFT of per kontant deposito by ‘n FNB ATM.

DIE PROSES:

1. Aankoop van koopbewys:
  • Epos info@youcandoscience.co.za met jou naam, die tipe (1, 3, 6, 9 of 12 maande) en aantal koopbewyse verlang
  • Ons sal ons bankbesonderhede aan jou epos
  • Doen ‘n betaling en epos bewys van betaling aan info@youcandoscience.co.za
  • Ons stuur die koopbewysnommer(s) aan jou

2. Registrasie met koopbewys:
  • Klik op REGISTREER op die tuisblad
  • Kies JA op Het jy ‘n koopbewys nommer?
  • Tik die koopbewysnommer in en klik Aanhou
  • Leerder besonderhede: Die leerder se epos adres is sy gebruikersnaam en hy kies sy eie wagwoord
  • Klik op Next. Die sisteem bevestig die geldigheid van die koopbewys en gee ‘n opsomming daarvan
  • Klik op Redeem Voucher. Jy is nou op die stelsel geregistreer en het onmiddelik toegang tot al die lesse
HOW DOHOE HERNU EK MY LIDMAATSKAP? I RENEW MY SUBSCRIPTION?
A. INDIEN JY OORSPRONKLIK DEUR DIE WEBTUISTE GEREGISTREER HET EN DEUR PAYFAST OF ‘N EFT BETALING GEDOEN HET.

Vir PAYFAST betalings:
  • Die ouer teken in op sy rekening. Onthou ouer se epos is sy gebruikersnaam. As jy jou wagwoord vergeet het, kan jy ‘n nuwe een aanvra. Let op, die nuwe wagwoord kan in jou SPAM epos wees.
  • Klik op Hernu Subskripsie
  • Proceed to PayFast en voltooi transaksie
  • Indien jy probleme met die proses ondervind, stuur ‘n epos na info@youcandoscience.co.za

Vir EFT betalings:

B. AS JY ‘N KOOPBEWYS GEBRUIKER IS:
HOE KIES EK ‘N LES?
  • Klik op Beskikbare Lesse
  • Klik op jou Graad
  • Klik op die Afdeling wat jy soek
  • Klik op die Onderwerp wat jy soek
  • Kies die Les waarna jy wil luister
HOE DOEN EK ‘N VOLLEDIGE LES?
  • Maak seker jy het ‘n pen, werkboek en sakrekenaar
  • Klik op die speel knoppie om video te begin
  • As die video klaar is, bestudeer die Notas
  • Maak jou eie opsomming in jou werksboek
  • Toets jouself
  • Klik op Antwoorde en werk deur die volledige memorandum as nog ‘n leergeleentheid
HOE VOLTOOI EK ‘N TOETS?
  • Vir elke vraag moet jy die korrekte antwoord uit die lys van opsies kies
  • Klik Merk Die Toets nadat die laaste vraag beantwoord is
  • Toets word onmiddelik gemerk en die punte word as persentasie gegee
  • Die vrae tel nie almal dieselfde punte nie – dit hang af hoe maklik of moeilik die vraag is
  • As jy op die VRAE klik, kan jy sien watter antwoorde jy reg het (groen) en watter antwoorde jy verkeerd het (rooi)
  • Nadat die toets gemerk is, kan jy na die volledig uitgewerkte antwoorde kyk
  • Jou toetspunt word elke keer in die Vorderingsverslag aangeteken
  • As jy voel dat jy beter in die toets kan vaar, doen die les en/of die toets oor sonder om na die antwoorde te kyk
WAT IS ‘N VORDERINGSVERSLAG?
  • Elke keer as jy ‘n toets doen, word jou punt aangeteken
  • Jou nuutste punt sal bo-aan die lys wees
BRUIKBARE WENKE:
  • Gebruik altyd ‘n pen, werkboek en sakrekenaar as jy lesse en toetse doen
  • Dit is die beste om oorfone te gebruik as jy na die les luister, want dit verbeter konsentrasie
  • Dit is die beste om na die les in “Volskerm” te kyk
  • Stop, gaan terug en herhaal die les soveel keer as wat jy nodig vind
  • Jy sal soms meer as een keer na ‘n les moet luister
  • Moet nie dink dat jy nie Fisiese Wetenskap kan doen as jy dit nie die eerste keer verstaan of dit reg kry nie!
  • As jy die toets doen, moet jy elke antwoord eers uitwerk deur jou pen en sakrekenaar te gebruik
  • Moet nooit antwoorde raai nie
  • Bestudeer die uitgewerkte antwoorde sorgvuldig. Dit is ‘n belangrike deel van die leerproses.
  • As daar terminologie of woorde is wat jy nie verstaan nie, gebruik die Woordeboek
  • Eie opsommings help altyd dat jy die werk beter sal verstaan en onthou
  • Onthou, wetenskap gaan oor die verstaan van die teorie voordat jy die probleme kan oplos
  • Jy Kan Wetenskap Doen…. jy moet net volhard!
WAT MOET EK DOEN AS DIE LES NIE WIL BEGIN NIE?
  • Nadat jy die les gekies het, sal die boodskap “Laai les…”verskyn
  • ​Wag ‘n paar sekondes en die les sal verskyn
  • ​Met stadige internet-verbindings sal dit ‘n bietjie langer neem. In sulke gevalle, wees geduldig en wag vir die les om te begin
  • ​Ons beveel aan dat jy die les in Vol-Skerm kyk
WAT DOEN EK AS EK ‘N FOUT KRY?

KOM ONS LEER SAAM!

Enige tyd toegang tot video lesse, notas en toetse
BEGIN NOU LEER!